Monday, April 25, 2011

Genade verniet

Genade verniet. Dis die titel van 'n liedjie deur C#, deesdae 13th floor. Dit handel basies oor Jesus Christus se genade wat verniet aangebied word vir mense, wat hulle verlos van hul sonde en alles wat hulle terughou daarvan om die volledige mens te wees wie God hulle geskep het om te wees.

Dis verniet.

Die Bybel leer ons dat daar niks is wat ons kan doen om hierdie genade te verdien nie. Dit is net beskikbaar. Wie ook al dit wil hĂȘ moet dit net in ontvangs neem by God, want dit is reeds geskenk.

Tog twyfel ek soms hieraan.

Niks in die lewe is verniet nie. Dit was nog nooit so nie en daar is geen kans dat dit ooit so sal wees nie. Soms verstaan ek dit dat die genade net 'n lokval is om mense te kry om deel van die kerk te word, sodat 'n dominee of pastoor slim kan klink en jou kan manipuleer om sy leefstyl te onderhou. As jy in die eerste plek glo in die verniet genade word jy in 'n kopklem gedruk om opofferings te maak en aanvaarbaar te leef volgens die gedragskode uit die Bybel.

Ek klink sinies,of hoe?

Die konsep van verniet genade is vir my mooi. Tog kan ek dit nie op die oomblik versoen met wat in my gebeur nie. Die Bybel leer ons dat die genade jou vry maak om te leef. Die lessie is juis gewoonlik dat genade jou bring om binne die grense te lewe, sodat jy daarbinne jou potensiaal kan bereik. Tog vind ek my 'leef' nie as vryheid nie. Ek voel ingehok en beperk. So of ek 'n leeu in 'n Uno is of 'n arend in 'n budgie-hok.

So, is ek te groot of die grense te klein?

Ek weet verseker Jesus is Heer. Hy het my sonde uit liefde vergeef. Maar, hoekom voel ek so k@k wanneer ek verkeerd doen? Hoekom is so baie goed wat ek doen verkeerd? Hoekom laat dit my nie vry nie?

2 comments:

  1. Uitstekend. Jy raak al meer gereed om te beleef wat genade en vryheid regtig beteken.

    ReplyDelete
  2. Eph 4:7 Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.

    Die vraag is, het jy genade ('n mate van die gawe van Christus) ontvang?

    ReplyDelete